STOP TABAK

Posted on Updated on

HomeSouth Africa

move-logo-f

BEROEP VANAF DOKTERS, MEDIESE SPESIALISTE EN WETENSKAPLIKES WAT ELEKTRONIESE SIGARETTE ONDERSTEUN.
As dokters en professionele gesondheidswerkers sien ons elke dag pasiënte wat erg deur die rook van tabak geaffekteer word, van wie baie uiteindelik sal sterf, of wie se gesondheid erg geraak sal word ten spyte van ons hulp en advies. Tabak rook bly die mees ernstige openbare gesondheid kwessie in die wêreld.
Mense rook vir die nikotien, maar sterf van die chemikalieë wat geproduseer word wanneer tabak gebrand word.i Ongelukkig is die tans beskikbare rook medikasie se doeltreffendheid en aanvaarbaarheid beperk vir die meerderheid van rokers. Maar ons glo dat daar wel ‘n oplossing is: die gebruik van elektroniese sigarette het duidelik groot potensiaal om baie rokers te help om hulle rug te draai op tabak.
Vir hierdie doel glo ons sterk dat dit eties en wetenskaplik gesproke ons verantwoordelikheid is om aandag te vestig op die volgende:
  • Dit is die verbranding van tabak en die 4000 chemiese stowwe wat geproduseer word wanneer jy sigarette rook wat skadelik is vir die gesondheid van rokers, nie die nikotien nie.
  • Die gevare van elektroniese sigarette is aansienlik laer as dié van tabak. Vanaf die ontleding van die bestanddele van e-sigaret dampe, kan dit verwag word dat e-sigarette ten minste 95-99% veiliger is as die rook van tabak sigarette in terme van hulle langtermyn gesondheids-risiko.ii
  • Dit is is hoogs onwaarskynlik dat die dampe wat deur e-sigaret-gebruikers uitgeasem word skadelik is vir bystanders; nikotien konsentrasies in die uitgeasemde dampe is te laag om farmakologiese effekte op bystanders.iii
  • Ewekansige gekontroleerde proewe toon dat e-sigarette effektief is vir rook stakingiv studies van die gebruik van e-sigarette in normale wêreld situasies wys dat hulle meer effektief is as ander maniere van rook staking, insluitend Nikotien Vervangings Terapie.v
  • Dit word geskat dat vir elke een miljoen mense wat oorskakel van rook af na elektroniese sigarette, kan sowat 6000 voortydige sterftes per jaar voorkom word.vi
  • E-sigarette “her-normaliseer” nie rook nie – e-sigaret dampe is nie rook nie. In baie lande het die styging in e-sigaret gebruik gepaard gegaan met ‘n voortgesette afname in die verkoop van tabakprodukte en die voorkoms van rook.vii
Die eienskappe van elektroniese sigarette moet altyd vergelyk word met dié van konvensionele sigarette. Die bespreking van die absolute langtermyn veiligheid van elektroniese sigarette moet eties en wetenskaplik gekontrasteer word met die absolute sekerheid van die skadelike gevolge van tabak.
29 Miljoen Reeds beraamde verbruikers in Europa gebruik e-sigarette.viii Individuele en openbare gesondheid winste wat verband hou met ‘n elektroniese sigaret gebruik teruggehou word deur wanopvattings oor die produk.
In die lig van die talle studies wat tot dusver onderneem is, kan ons – as gesondheidswerkers – nie passief bly in die aangesig van die duidelike openbare gesondheids-voordele wat elektroniese sigarette bied nie.
Ons beveel dus aan dat ons kollegas meer aktief oor elektroniese sigarette leer, as ‘n nuwe openbare gesondheid instrument in die voortgesette globale gesondheid veldtog teen tabak-verwante siektes.
Ons vra ons kollegas om hierdie verklaring te teken in die ondersteuning van die meriete van elektroniese sigarette gebaseer op wetenskaplike bewyse en etiese debat.
Die uwe,
Group of professionals who support this statement.
As jy saam met die M.O.V.E manifeso stem, kliek asseblief op die beeld hieronder om jou ondersteuning by te voeg.

i Russell, M. A. Low-tar medium-nicotine cigarettes: a new approach to safer smoking (1976) BMJ  1 (6023) 1430-1433

ii Farsalinos, K. E., & Polosa, R. (2014). Safety evaluation and risk assessment of electronic cigarettes as tobacco cigarette substitutes: a systematic review. Therapeutic Advances in Drug Safety, 5(2), 67–86. doi:10.1177/2042098614524430

iii Hajek P, Etter J-F, Benowitz N, McRobbie H (2014) Electronic cigarettes: review of use, content, safety, effects on smokers, and potential for harm and benefit. Addiction.

iv McRobbie, H., Bullen, C., Hartmann-Boyce, J., & Hajek, P. (2014). Electronic cigarettes for smoking cessation and reduction. The Cochrane Database of Systematic Reviews, 12, CD010216. doi:10.1002/14651858.CD010216.pub2

v Brown, J. et al (2014).  Real-world effectiveness of e-cigarettes when used to aid smoking cessation: a cross-sectional population study. Addiction doi:10.1111/add.12623

vi West, R. B. J. (2014). Electronic cigarettes : fact and fiction. British Journal of General Practice, (September), 442–443.doi:10.3399/bjgp14X681253

vii West R, Brown J, Beard E. Trends in electronic cigarette use in England. Smoking Toolkit Study 140122. 2014. www.smokinginengland.info/latest-statistics

viii Vardavas, C.et al (2014). Determinants and prevalence of e-cigarette use throughout the  European Union: a secondary analysis of 26 566 youth and adults from 27 Countries.  Tobacco Control, 1–7. doi:10.1136/tobaccocontrol-2013-051394

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s